Helenè Bester

Helenè het in Springs groot geword en aan die Hoer Meisieskool Hugenote matrikuleer.  Daarna het sy Bedryfskommunikasie gaan studeer aan die N.W.U.  1995-1998.  Nog ‘n interessante feit is dat sy deel was van die Alabama Studentegeselskap (’96 en ’98).  In 1997 was sy lid van die N.W.U.-koor o.l.v. Awie Van Wyk.

In 1999 het Helenè haar eerste professionele optrede gehad saam met Mathys Roets, tydens Aardklop.  In 2002 is haar eerste platekontrak vir haar aangebied deur Select Musiek.  Die gewilde album was getiteld WENS.  In 2004 het sy haar volgende album vrygestel, HOU VAN JOU.  In hierdie jaar is Helenè ook benoem vir ‘n Geraas toekenning, in die kategorie – gunsteling vroulike kunstenaar (kontemporer).

In 2005, 2006 en 2007 het sy die voorreg gehad om op te tree tydens HUISGENOOT SKOUSPEL.  ‘n Groot hoogtepunt in haar loopbaan.  In 2007 stel sy haar derde album vry, naamlik OORGEE.  In 2009 sien GROOTSTE TREFFERS VAN HELENÈ BESTER die lig.  Helenè het ook in 2009 die Kyknetprogram, Droomhuis, aangebied.

In 2011-2012 het Bester besluit om haarself verder te kwalifiseer in die opvoedkunde.  Sy het  haar NGOS (Nagraads in Opvoedkunde) aangepak. Helenè het ook in hierdie tyd begin om sanglesse aan te bied (in Linden) in die middae.   Volgens haar is dit ‘n bedryf op sy eie en sy hou daarvan om skoolleerders te help.  Tot op hede het hierdie klasse gegroei tot ‘n totaal van 31 kinders, weekliks.  Iets waarop sy baie trots is.

Haar vyfde album is gemaak in 2012, TUSSEN DIE LYNE.  Op sanggebied was die jaar 2012 ‘n hoogtepunt vir Helene.  Sy en Gerhard Steyn het die Huisgenoot Tempotoekennings se wen-liedjie (duet NIE TE LAAT NIE – ) gesing. Dis geskryf deur Barney Lategan.  Helenè was ook genomineer vir ‘n Tempo-toekenning as gunsteling vroulike kunstenaar – kontemporer.

In 2013 is Bester genomineer as inspirasievrou van die gewilde vrouetydskrif, Finesse.  In hierdie jaar was sy ook genomineer vir ‘n Ghoema, as gunsteling vroulike kunstenaar – kontemporer

In 2015 het Helenè die enkelsnit ELKE DAG opgeneem en vrygestel op iTunes.  In 2016 het sy vir die eerste keer haar hand gewaag aan kindermusiek.  Sy het sopas die album, Helenè Bester en Kristi Kat – (Op die plaas) vrygestel!!  Sy is opgewonde om hierdie nuwe mark te betree.  Die album is beskikbaar op iTunes en in winkels soos CNA en Checkers beskikbaar!!  Moenie hierdie een misloop nie!!

Helené Bester En Kristi Kat

Helené Bester En Cobus

Stemwerk